9 Gespreksriglyne vir kleingroepe: Sal die REGTE Jesus opstaan, asseblief?

“Sal die REGTE Jesus asseblief OPSTAAN?”
(gebaseer op die boek met dieselfde titel deur Johan Cilliers)
Hierdie Nous Bybelstudie-reeks staan stil by verskillende temas oor Jesus. Hierdie temas daag ons uit om ernstig te kyk na ons prentjies van Jesus… ons persepsies oor God… WIE is hierdie JESUS wat ons volg?
Soos Johan Cilliers sê:
“Ons klee Jesus in na ONS smaak; bewus of onbewus skep ons ten minste `n JESUS volgens ONS interpretasie, ooreenkomstig ONS kulturele konteks en ONS kerklike kodes… `n JESUS wat meestal netjies in ONS patroontjie (moet) pas: Hanteerbaar, Manipuleerbaar, Regeerbaar.
Lees meer... |
|