1. Begin so naby aan die einde as moontlik.
“”Rut was ‘n vreemdeling in ‘n vreemde land sonder toegang tot enige bronne en sy besluit om ‘n plan te maak...”
2. Praat net met een mens.
Vertel die storie vir een mens. Probeer om een mens saam met jou te vat. As dit vir een mens sin maak sal dit vir baie mense sin maak. As die storie te algemeen is, maak dit vir niemand sin nie.
3. Respekteer my tyd.
Gebruik die tyd met respek. Elke sin, elke woord moet my as hoorder vorentoe neem – nader aan die ontknoping.
4. Gee my iemand om mee te identifiseer.
Beskryf een van die karakters (of meer) op so ‘n manier dat ek kan voel hoe sy voel en verstaan hoe sy dink.
5. Beskryf die groot en onmiddelike konteks
Vertel my waar dit afspeel en wat aan die gebeur is. “Hy woon in die diep platteland en dit is net voor oestyd.” Dit help my om te verstaan hoe die karakters voel en optree.
6. Sinne wat my nie vorentoe neem nie, moet my die karakter beter laat verstaan.
7. Help my om te verstaan wat die karakter wil hê
Elke karakter moet iets verlang, na iets soek, selfs al is dit net ‘n glas water.
8. Help my om te verstaan wat in die pad staan van die karakter.
Maak nie saak hoe goed iemand is nie, die lewe het opdraendes en rotse in die pad. Hoe ons opdraende hanteer wys die staal waaruit ons gemaak is.
|