Psalm 139:1-6, 13-18_15 Januarie 2012_ Tweede Sondag van die Epifanie Dié skeppingsproses is 'n wonderdaad van God waarvoor Hy geloof moet word en waaroor die mens net verbaas kan staan.
Wat God vir die bidder doen, oorweldig hom. Hoe dieper hy delf in die wonderdade van God, hoe meer besef hy die omvang daarvan en hoe nader bring dit hom aan die Here. Hy kan egter nie die Here begryp nie. Die Here se gedagtes is trouens soos die sand van die see – ontelbaar.
Lewe is God se geskenk aan my en jou, hoe ons lewe is ons geskenk aan God.
|