Hierdie Nous Bybelstudie-reeks staan stil by verskillende temas oor Jesus. Hierdie temas daag ons uit om ernstig te kyk na ons prentjies van Jesus… ons persepsies oor God… WIE is hierdie JESUS wat ons volg?
Soos Johan Cilliers sê:
“Ons klee Jesus in na ONS smaak; bewus of onbewus skep ons ten minste `n JESUS volgens ONS interpretasie, ooreenkomstig ONS kulturele konteks en ONS kerklike kodes… `n JESUS wat meestal netjies in ONS patroontjie (moet) pas: Hanteerbaar, Manipuleerbaar, Regeerbaar.
Ons sien dit duidelik uit die geskiedenis, en kunstenaars se skilderye. Sommige het van Jesus `n bleekwit man gemaak met ’n skapie op sy skoot. Ander weer het van Hom ’n revolusionêr gemaak (soos Che Guevara) met `n gun oor die skouer… Hoe lyk die werklike Jesus dan…?”
Die vraag is: HOE IS HY NOU? WIE is Hy NOU?
Maak dit enigsins vandag nog saak?
Hierdie vrae word aangepak vanuit die OUDSTE Nuwe TESTAMENTIESE belydenis oor JESUS – die basis-teks: 1 Timoteus 3:16:
1Tim 3:16 (The Message):
“This Christian life is a great mystery, far exceeding our understanding, but some things are clear enough: He appeared in a human body, was proved right by the invisible Spirit, was seen by angels. He was proclaimed among all kinds of peoples, believed in all over the world, taken up into heavenly glory”
OP grond van hierdie teksvers word die reeks in drie dele/GEDAGTEGANGE verdeel:
JESUS…
1. …kom as MENS – kom wys vir ons wie is GOD
2. …as misdadiger GEKRUISIG, as OORWINAAR opgestaan