Familie Tuisblad is 'n weeklikse uitdeelstuk wat families help om hulle geloof elke dag op 'n baie praktiese manier uit te leef. Dit werk met die bewegings van Bybeltyd, Bidtyd, Geselstyd, Speeltyd, Doentyd en Leeftyd.
Please register or login to download files from this category.
Handelinge 3:19_22 April 2012_ Derde Sondag van Paastyd “Nou moet julle julle sondes laat staan. Kom terug na God toe. Hy sal al julle sondes wat tussen julle en Hom staan, uit die pad vat. Hy sal nooit weer daaraan dink nie.”
1 Korintiërs 15:1_8 April 2012_Paasfees My liewe broers en susters, laat ons vir oulaas weer kyk na die goeie boodskap oor Jesus wat ek vir julle vertel het. Dit is die boodskap wat julle julle eie gemaak het en nou by sal staan of val.
Joh. 12:14-15 _1 April 2012_6de Sondag in Lydenstyd Palmsondag Jesus het toe op 'n jong donkie geklim wat Hy daar gekry het, soos daar geskrywe staan: “Moenie bang wees nie, Sion! Kyk, jou Koning kom, en Hy ry op 'n donkie.”
Johannes 12:24_25 Maart 2012_Vyfde Sondag in Lydenstyd Dít verseker Ek julle: As ’n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ’n groot oes in.
Efesiërs 2:6_18 Maart 2012_4de Sondag van Lydenstyd Ons behoort aan Christus Jesus. God het vir Christus weer laat lewe en Hy het ons ook weer laat lewe. God het vir Christus ’n plek in die hemel gegee en Hy het vir ons ook ’n plek in die hemel gegee.