Gemeentepakket Print

Die nous-span ontwikkel voortaan produkte vir Communtas se gemeentepakket.

KLIEK onder om na die nuwe webtuiste te gaan.

Ek wil graag aan julle verduidelik hoe die produkte wat die nous-span die afgelope jare ontwikkel het nou gaan verander.

1.       Ons het ’n ooreenkoms met Communitas aangegaan om onder hulle naam die produkte te bemark

2.       Ons het die produkte uitgebrei sodat dit ook kleuterkerk, huisgodsdiens, kategese jnr. en snr. en dissipelskap materiaal insluit.

3.       Ons moet die produkte nou laai op ’n ander webwerf http://kontak.org.za/ (wat ’n beter Joomla weergawe het met beter funksies wat die behoefte van die uitgebreide produkte kan aanspreek)

Wat moet jy doen:

1.       Jy moet ongelukkig her- registreer by http://kontak.org.za/ ( ons kan julle nie self van Nous na kontak “migrate” nie) – klik op dié icon en skep jou rekening, jy kan dieselfde informasie gebruik wat jy by Nous.org.za  gebruik het (van julle het dit dalk al gedoen dankie)

2.       Maak jou keuse van lidmaatskap ( ons het aan die begin net die opsie van alles of niks gebied aangesien dit die administrasie baie vergemaklik, maar daar het versoeke gekom dat ons die ou nous-produk nl. die eksegese, preekhulpmiddels, pp-agtergronde en kindermoment afsonderlik beskikbaar moet maak. Ons het dit gedoen!  Jy kan dus kies tussen die beperkte lidmaatskap of die volle lidmaatskap)

3.       Indien jy belangstel, maak ’n inbetaling in Nous se FNB rekening of betaal deur die winkel (paypal) met jou kredietkaart (jy sal na die nous-site herlei word vir die kredietkaart betaling, maar dis gekoppel en veilig).

Wat is die koste:

R2000 vir die volle pakket (365dae toegang wat nou deur die website self beheer sal word)

R1000 vir die beperkte pakket (ook 365 dae toegang)

Wat behels die pakket:

Volle lidmaatskap (10 produkte)

Beperkte lidmaatskap

Ons gaan van eerskomende Maandag (5 November) alle hulpmiddels slegs op die http://kontak.org.za/ -site laai en daar is ook nie meer die opsie van individuele koop van produkte deur paypal nie.


Ons hoop dit help julle om te weet wat voorlê. Ons wil baie graag gemeentes bemagtig om meer geïntegreerd as hele gemeente met die Bybel te werk en kry wonderlike stories van gemeentes wat dit reeds so doen. Dit help lidmate om nie net vir inligting na die Bybel te gaan nie maar vir transformasie en veroorsaak spontane gesprekke oor die Bybel tussen kinders en ouers (priceless!)

Dankie, dat julle die afgelope jaar gehelp het dat ons die produkte volhoubaar kon ontwikkel. Ons is opgewonde om met ’n baie groter span saam te werk, vandaar die styging in lidmaatskap tariewe.

Sterkte vir die res van die jaar.
Vriendelike groete

Gielie

Namens die Nous-span